
=====================================================================
Karoomense het eie praattaal (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Karoomense het eie praattaal

'Ek het grootgeword met baie van hierdie sgoed en gebruik van hulle nog elke dag,' s Wendy Anthonie.   In 'n skets toon sy met trots haar 
Karoomense se praattaal. ANT DORA l-hang met albei arms oor die draad wat sy en ant Poppie se jaarts skei. Ant Poppie is besig om die 
laaste stukkies wasgoed op te hang en laat val amper die oom se spierwit   zoemwks, toe haar buurvrou s: "Psst! Het jy die nuutste stuk 
gehoor, Poppie? Daai ou manghap van 'n Meisie Lourens is wragtig al weer met die lyf gehoor."

"Wie?" vra die antie, met die wasgoedpennetjies nog tussen haar tande.

"Jong, dis mos die ma van daai oulike   spirits-dansertjie in ons kerk."

Ant Poppie weet nog steeds nie wie nie en vra weer: "Jong, Dora, explain beter."

"Luister, ou Pops, jy komfoes my so vroeg in die mre. Sien jy, daai vrou met die kort rokkies wat nie 'n dm worry oor haar   vrikel 
veins nie. Die een wat so baie make-up dra om al daai plietse van haar toe te smeer. Sy is mos deesdae in die moeilikheid met die Welfare 
mense omdat sy haar kinders se   sapsoeriums so uitmors. Totaal uitgerafel op die baie parties wat sy so gooi met die arme bloedjies se 
geld en haar oorle man se spesijoen."

Ant Poppie se gesig s nog steeds "ek weet niks". Uit pure frustrasie gooi ant Dora haar arms in die lug: "As jy nie n weet nie, sal jy 
nooit weet nie! Weet k nie waarom ek bodder om jou iets te vertel nie."

"Meisie se man," begin sy weer ruk-ruk vertel soos 'n swak plaat op 'n gram. "Meisie se man, Hennie, is mos 'n paar jaar gelede dood aan   
Double Lung Stick Him Twice. Hennie het mos la-a-ank voor di siekte aan sy peanuts laat werk. Van toe af was hy totally en all jaloers op 
Meisie. Hulle s Meisie het n die ding taamlik begin rondloop, en om haar lyf jonk te hou, het sy glo   mormoonpille begin drink. Later 
ook daai   Solution 45 goed."

Ant Dora praat al hoe sagter. "Duur goed s ek jou, maar as Meisie Lourens die dag nie geld daarvoor gehad het nie, het sy dit   gelyfbaai. 
Arme Hennie het later hulp begin vra by die kerk se   jakkenale dienste, maar sy lk was uit, want hulle het ges dis huissake uit en 
klaar. Een aand het arme Hennie haar glad langs die rivier betrap met so 'n hings-jongkreltjie. Meisie was glo heeltemal   misteries.

"Ja nee," s ant Dora en maak haar voorskoot stywer vas. "Daai vrou was al so baie onder   samsuur by die kerk dat sy nou met haar hare in 
haar hande sit, want kyk Dominee gaan hierie keer   uitgedraai wees soos ou Rama."

Ant Poppie vang nou eers. "Dora, nou weet ek van wie jy praat!" Sy verloor amper haar vals tande soos sy haar hand oor haar mond klap.

"Ou Hennie Lourens was mos afkomstig van daai oulike plekkie, man, daar iewerster in die Westren Prominse, n? Behalwe vir daai ramp met sy 
peanuts, was Hennie eintlik baie nice. Hy het nooit 'n trippel drank oor sy lippe geneem nie, en het baie goeie werk by die skool gedoen. 
Die skool se mense het altyd baie gespog met die netjiese skoolserrein en hy met die mooi heil die lesers van al sy vorige base.

"Ja, almal was mos baie opgenoppies toe Meisie destyds met die jintelman van die Boland getrou het, want sorg het hy vir haar gesorg. Hy 
het tot vir haar 'n   widows en 'n tee-bee met 'n groot   scream op een slag gekoop. Haai, sorry dat ek nou eers onthou. Seker maar suf 
omdat ek nog nie my bregfis gehad het nie."

Ant Dora trek haar lippe op 'n tuit. "Jy moet check wat om jou aangaan. Basta so diep in Jan se o kyk. Vrek bang vir jou ou man, h?

"Meisie moet nou haar eie ding kyk, want dis van   jallefs hou en op die go wil wees dat sy nou agter haar knie loop. En 'n valse pes is 
sy," sis ant Dora. "Sy het s skuldig gevoel met Hennie se dood dat sy bo-op di se lyk daar by die   mop gaan tjank het. Vandag se 
tjinners dink mos trou is 'n   chaapie-chaapie ding. As Meisie mooi geluister het na die trou-angelier, sou sy gehoor het Dominee s true 
tiek en tin. Ek kry sommer weer lus en gee die klimeid 'n deksels   solution met die plathand!"

"Poppie-e-e! Waar's my koffie-e-e?" skree oom Jan uit die kombuis. "Lat ou Jan wag. Net di laaste stukkie nuus," s ant Dora. "Meisie gaan 
di keer   dr. Strokes vra om die kind op te tel. Haar plek is glo al gebook in die hospitaal se krampsaal. Ja nee, nou werk sy met ou 
Hennie se   mielies. "Haai, die lewe is baie onregverdig. Ek suffer om geld te kry vir my maand se   suikerpille en Meisie kan in die 
hospitaal gaan kramp en daar gloryform kry." Ant Dora maak aanstaltes om huis toe te stap en druk haar hande diep in haar voorskootsakke. 
"Nogal vir my, 'n groot vrou, ges toe ek in haar rigting kyk: 'Why you kyk gelyk?' Nogal. Verdomp!" Sy verdwyn by haar kombuisdeur in. 
"Ja, Dora," praat ant Poppie nou alleen. "Ek kry net die arme bybetjie jammer." Wendy Anthonie is toerismebeampte op Beaufort-Wes. Sy gee 
self 'n boekie uit, My groot onthou,   wat handel oor "die onthougoed, doengoed en sgoed van my bruin gemeenskap".

---------------------------------------------------------------------

Woordelys:

  Zoemwks -- langpyp-onderbroek;

  spirits-dansertjie -- spiritual dansertjie;

  vrikel veins -- varicose veins;

  sapsoerium -- subsidie;

  Double Lung Stick Him Twice -- Dubbele longontsteking;

  mormoonpille -- hormoonpille;

  Solution 45 -- Salusa 45;

  lyfbaai -- bre-koop;

  jakkenale dienste -- diakonale dienste;

  misteries -- histeries;

  samsuur -- sensuur;

  uitgedraai soos Rama -- woedend kwaad;

  widow -- video;

  scream -- screen;

  jallefs -- jolly tyd;

  mop -- morgue;

  chaapie-chaapie -- aanmekaar geflanste ding;

  solution -- loesing;

  dr. Strokes -- dr. Strauss;

  mielies -- medies;

  suikerpille -- pille vir diabete.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6221.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

